Monstersaad

“Monstersaad 'n lekkerleeservaring wat jou op die puntjie van jou stoel hou. Gebeure van die verlede en die hede word meesterlik saamgeweef. 'n Aanbeling vir enigeen wat 'n lekkerlees boek soek. (Goodreads)

“Monstersaad is ‘n boeiende boek uit die pen van ‘n vaardige verteller. Dit vergelyk uitstekend met enige oorsese boek wat ek al in hierdie genre gelees het ...” Ilse Zalzwedel.

Hoogs aanbeveelbaar, maar wees gewaarsku: jy gaan nie wil ophou lees tot die laaste bladsy nie! Ideale naweekleesstof.(Maroela Media)

Bloedlyn

Rust slaag daarin om die raaisel enduit te voed en die leser betrokke te hou in afwagting op die slot, wat ook puik geskryf is.(Litnet)

Moordhuis

“Moordhuis is om verskeie redes Rust se sterkste roman tot op hede. Eerstens is die verhaallyne – met die hoofondersoek wat die taboe op kindermoorde in fiksie breek, en fokus op die uiters grusame moord op die sewejarige Gainsford-tweeling in Bloemfontein – verwikkeld, intelligent, hoog in raaiselwaarde en uiteindelik sinvol bymekaargebring en opgelos.” Jonathan Amid (Rapport)

Rust se karakters is verwikkeld en eg menslik en word met knap dialoog uitgebeeld.(Litnet)

Die skrywer het die gawe om die leser sodanig te betrek by die verhaal, dat jy dit eerder beleef, as lees. Dit is met ’n gevoel van ontsetting dat ek die boek toemaak; dit is nie vergesogte verdigsel nie, dit kan gebeur, tewens, dit gebeur daagliks rondom ons.(Goodreads)

Lam ter slagting

“Wanneer sê 'n resensent 'n boek is briljant geskryf? Heel aan die begin is miskien die beste plek! Met Lam ter slagting – haar vyfde misdaadfiksie – het Rust haar eie grense verskuif.” Org Potgieter (Litnet)

Lam ter slagting resensie. Rust se woorde wipe en byt soos ‘n chilli popper. Rust is dodelik wanneer sy haar blik rig op die teelaarde van boosheid en brutaliteit.(Beeld)

Doodsengel

In die eerste plek is dit loshande die skrywer se mees geslaagde sielkundige riller – ‘n byna volmaakte pakket van ondraaglike spanning, oortuigende, geloofwaardige, driedimensionele karakters, opspraakwekkende tonele van geweld en vergelding, en ‘n verbluffende balans tussen intrige, raaiselwaarde, onthoubare hoof-en newekarakters en onheilspellende atmosfeer.(Netwerk 24)

‘Doodsengel’ is baie anders as die skryfster se vorige boeke. Ja, dis ook ‘n spanningsverhaal, maar dis ‘n vuis-in-die-maag tipe spanning. Pedofilie en gesinsgeweld is genoeg om enigiemand te ontstel, maar die mishandeling van verswaktes en bejaardes is dalk minder bekend - hierdie boek krap al bogenoemde oop. Sommige tonele is ontstellend, maar geheel en al gepas in die konteks en by die tema. Ek was met tye woedend en het begin wonder: is ek verhewe bo vigilantisme ? Ek dink nie so nie. En dis ‘n skrikwekkende gedagte. What does it take to destroy evil?(Goodreads)

Skakels

Litnet

Penpunt

Goodreads

Die 13de kaart

Die skrywer en kritikus, Alta Cloete, sê oor Madelein Rust se debuut, Die 13de kaart: “Die verhaal lewe met ’n hele aantal interessante, oortuigende newekarakters wat menslikheid en egtheid in die milieu van wreedheid en moord indra.”

Rust het besonder simpatieke karakters ontwikkel, en hierby sluit ek newekarakters in, wat gou die leser emosioneel betrek.(Litnet)

Skakels

Litnet

Kanker Schmanker

“Madelein span haar kennis van die sielkunde in om spanningsromans te skep, maar Kanker Schmanker, ’n outobiografie, is haar eie spanningsverhaal. Hierin laat sy die leser in haar binnekamer toe waar sy ’n intens persoonlike verhaal van lief en leed deel. Ek was aanvanklik versigtig om die eerste bladsy te lees, bang dat dit ’n neerdrukkende, hartseer verhaal (in ’n reeds so hartseer wêreld) gaan wees wat op my wag. Spoedig is ek verras deur Madelein se uitstekende manier van skryf; ’n ligte vertelling oor ’n ongelooflike swaar onderwerp. Sy neem jou op haar reis vanaf Dag 1 met die Groot K en ek as leser het maklik verlore geraak in hartseer, maar ook lighartige, geestige oomblikke soos sy deur haar emosies gewerk het om dié siekte die stryd aan te sê.” Yolanda Wessels (Litnet)

Madelein slaag daarin om wat ’n baie depressiewe, donker reis, vasgevang op papier, kon wees, te deel met haar gehoor, maar eerder verkies het om haar positiewe ingesteldheid weer te gee en dit ’n aangename leesreis te maak. Inteendeel, ek kon nie wag om saans die volgende paar hoofstukke te lees nie!(Litnet)

Haar eerlike vertellings laat die leser geensins onaangeraak nie – jy lag én huil. Sy neem jou wel saam op haar kankerreis, maar eintlik is die verhaal, in Elma Smit (TV-en radio-persoonlikheid) se woorde op die agterbladteks: “’n Moet-lees vir enigeen wat deur enige vorm van swaarkry gaan. Dit is immers ‘n boek van hoop en triomf.”(Maroela Media)

Die lyn tussen tragedie en komedie vervaag algaande soos Rust, die mens agter die naam, diep in jou hart kruip. Jy voel die tonele in die spreekkamer en die teater aan jou lyf. Die verhouding tussen Rust en haar man, die wipwarit wat elk ervaar, word eenvoudig lieflik en teer geskets. Hier is hoop, hier is houding, hier is ‘n omarming van lewensvreugde. Bravo, Madelein Rust, bravo!(Netwerk 24)

“Al die scenario’s is so aangrypend in die storielyn vervleg dat ek dit sterk oorweeg het om een oggend stokkies te draai by die werk om net die boek klaar te lees.” (Netwerk 24)

“Die leser word reg van die begin in Renata se lewe ingetrek en Rust se uitmuntende skryfstyl sorg vir heelwat naelbyt-oomblikke.” (Get it Pretoria Lifestyle)

“Hierdie roman is ʼn skalpel wat kundig en klinies tot in die verrotting van ʼn herkenbare samelewing sny, dog gerusstellend gemaklik in geregsdienaars en wetsverydelaars se koppie kan klim. Rust is dodelik wanneer sy haar blik rig op die teelaarde van boosheid en brutaliteit.” Jonathan Amid (Volksblad)