2020 se boeke

31 Mei 2019

Wanneer ek aan ʼn boek begin werk, verneuk die muse my kort-kort met ander skrywers. Hierdie keer was geen uitsondering nie, al ken ek die karakters van Malan & Coetsee baie goed. Ek begin more oggend darem al met Hoofstuk 10. Hierdie keer is daar ʼn enorme hoeveelheid navorsing wat gedoen moet word oor die okkulte, die Katolieke kerk, skisoaffektiewe persoonlikheidsversteuring en Middeleeuse martelmetodes. Baie interessant. As ek nie versigtig is nie, verloor ek my in die navorsing en laat na om te skryf.

Vir die tweede keer in my lewe werk ek aan twee boeke gelyk. Ek sal maar sien of die tweede boek in 2020 al realiseer. Hierdie een is nie deel van die Malan & Coetsee-reeks nie. Die storielyn boer in my kop, so, ek het maar ingegee en besluit om solank daaraan ook te begin werk. Dit handel oor ʼn vrou wat voorgee om ʼn medium te wees. Een van haar klante word vermoor en sy moet die moord oplos.